Die sogenaamde “Act of God” oftewel “Vis Maior” in Latyn, is ‘n algemene beginsel in ons reg. Dit gebeur wanneer ‘n buitengewone gebeurtenis of omstandigheid, soos ‘n pandemie of enige ander onvoorsiene ramp plaasvind, wat die normale loop van sake drasties beinvloed. Die Covid-19 gebeurtenis en die gepaardgaande “lockdown” kan gesien word as ‘n “Act of God”.
Dit verhoed dat partye hul verpligtinge kragtens ‘n ooreenkoms kan nakom, weens die impak van die “Act of God”, en die aanspreeklikheid van die partye wat geraak word, word opgeskort.
Mense se bewegingsvryheid word weens die huidige “lockdown” erg aan bande gelê. Die gevalle waar dit prestasie ingevolge ‘n ooreenkoms onmoontlik maak, is legio. Bouers kan nie in tyd klaar bou nie, huurders wat aan die einde van hul huurtermyn moet ontruim kan nie verhuis nie, en aflewering van goedere kan nie plaasvind in tyd nie.
Die intrede van Covid-19 as ‘n onvoorsiene “Act of God” kan geldiglik ‘n party van sy verpligting verskoon. Daar kan nie van persone wat vasgevang is in die huidige ongewone situasie verwag word om hul normale verpligtinge na te kom nie, en gee die reg erkenning aan die verweer van ‘n “Act of God”
Elke geval sal egter op die unieke feite en meriete van die geval beoordeel moet word.
Vir advies kan ons gekontak word by 044-004 0098 of gekontak word by reception@wdwattorneys.co.za
Ons kantore is gesluit maar ons is aan diens tydens die lockdown!